... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Sal Jou Dra

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 46:3,4 Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou julle dra en julle red.

Listen to the radio broadcast of

God Sal Jou Dra


Download audio file

In ‘n wêreld wat so om sukses wentel, kan dit moeilik wees om die gevoel dat jy nie goed genoeg is nie, af te skud. Ons is mos veronderstel om bekwaam en selfstandig te wees, of hoe? Ons is veronderstel om sukses te behaal, nè?

Ek is, soos so baie van ons, van kleins af geprogrammeer om sukses te behaal. En dit is iets waarmee ek beslis langs die pad gesukkel het. En hoe meer gedrewe, hoe meer sukses-georiënteerd jy is, hoe harder val jy wanneer jy misluk.

Ja, natuurlik, ken ons die teorie dat ons die lewe se belangrike lesse deur ons foute leer. Dit is hoe ons ontwikkel, fatsoenlik en volwasse word. Wonderlik! Maar wat gebeur wanneer jy misluk; wanneer mense neersien op jou en jou oordeel?

My vriend, hierdie vrees vir mislukking is iets wat ons moet hanteer, want wanneer jou hart op God gerig is, is die waarheid dat dit nie saak maak wat jou tref nie; of dit nou as gevolg van jou eie onnoselheid is of iets wat heeltemal buite jou beheer is; Hy sal jou daardeur dra.

Dit is wat Hy vir sy volk Israel, wat soveel foute gemaak het; hulle rug op Hom gedraai het; en Hom soveel keer in die steek gelaat het, gesê het:

Jesaja 46:3,4 Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou julle dra en julle red.

Toemaar my ou maat, jy sal nog baie foute maak, maar God sal jou tot op jou oudag deurdra na veiligheid.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.